VANAF 1 tot 5 September hou die Strooidakkerk ’n Lente-Tente-Fees op Klein Parys Wynlandgoed in Jan van Riebeeck Rylaan, Paarl.
Daar sal vermaak vir oud en jonk wees, insluitend ’n musiekkonsert “Paarl Rock vir Jesus” op 3 September (18:00).
Op die program is Luidkidz, Ysterkoei, Sensor en Nic Slabber band met Martelize van Idols faam. Dieter Voigt van Pasella is die MC. Alle hoër- en laerskoolleerders word genooi. Daar sal ’n kuierplek vir ouers wees en wegneemetes en CD’s te koop wees. Toegang is R30 en R20 vir skoliere (kleuters gratis). Kontak Nic by 083-232-3124.
) Op 2 September om 18:00 word ’n Lente-wynmark gehou. Dit is ’n unieke geleentheid om wyne te proe en te koop. Die gaskunstenaar en afslaer is Andries Vermeulen. Daar sal wyn- en kosstalletjies wees. Kaartjies is R30 en sluit proeglase in.
Die kelders se wyne word opgeveil en die wyne word vir die res van die aand verkoop teen die prys soos toegeslaan op die hoogste bod. Daar sal ook aan die einde van die aand ’n paar spesiale wyne opgeveil word deur Appie Maritz. Kontak Kosie by 083-255-7906 of Chris by 084-583-8256.
) Op 4 September om 10:00 word ’n Lente-Vrouekuieroggend gehou vol verrassings met leefgoed en hartsgoed, bederf-pakkies en kunsmark. Kaartjies is R100 by Margie by 072-2298-396.
) Op Sondag 5 September (10:00) word ’n diens gehou gevolg deur ’n Gesinspiekniek (etekaartjies word voor die tyd verkoop). Ds Jannie Pelser, bekende prediker en sanger, hanteer die boodskap en lof en aanbidding. Bring jou eie komberse, kussings en/of stoele asook jou piekniekmandjie. Kontak Doreen by 082-890-3843.
Die erediens by die Strooidakkerk sal steeds om 10:00 plaasvind, vir diegene wat nie die diens en piekniek by Klein Parys kan bywoon nie.