Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Luna Paige sing by Bôrdienghuis-teater

Luna Paige sing by Bôrdienghuis-teater
 
2010-09-02


DIE Bôrdienghuis-teater bied op Vrydag 3 September om 20:00 ’n eiesoortige musiekervaring aan met die musiek van Luna Paige en Schalk Joubert.

Diegene wat nog nie Luna Paige se musiek ken nie, sal gou ’n aanhanger wees. Niemand wat nog ooit dié jong sangeres se stem gehoor het, het onaangeraak gebly nie. Luna speel klavier en sing haar eie toonsettings. Aangesien sy ’n maatskaplike werker is, lewer Luna se lirieke sterk sosiale kommentaar en getuig van haar betrokkenheid by die lief en leed van gewone mense.

Sy het in 1999 die musiekbedryf betree deur ’n gesamentlike CD, Eve: Women in the Garden of Song, wat sy saam met kunstenaars soos Nicole Holm, Lesley Rae Dowling en Laurinda Hofmeyr opgeneem het.

Daarna volg haar solo-debuut in 2003 wat deur ’n Amerikaanse resensent op ’n internasionale webwerf as volg beskryf: “If Luna were from New York, she’d be the latest rage!”

Haar tweede CD, Missing Pieces, is ewe goed in die media ontvang. Luna is verder ook betrokke by musiekteater.

Sy was onder meer in Elders aan diens te sien, wat geskoei is op die gelyknamige digbundel deur Jeanne Goosen.

Luna tree gereeld saam met ander kunstenaars op tydens haar intieme vertonings. Sy is by die Bôrdienghuis te sien saam met die bekende baskitaarspeler, Schalk Joubert.

Dié gewilde kunstenaar tree gereeld op saam met kunstenaars soos Valiant Swart, Anton Goosen en Laurinda Hofmeyr, maar is ook ’n solo-kunstenaar in eie reg. Sy CD, Kayamandi, bevat van sy aangrypendste musiek.

Kaartjies is R80 en kan bespreek word by Magdel Kemp by 072-115-2913 of by teat er@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za