Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oupa en ouma sit op die stoep

Oupa en ouma sit op die stoep
 
2010-09-02


NÁ die landswye sukses van die eerste ‘Oupa en Ouma sit op die Stoep’ is die ou getroudes Stanley en Debora Vermeulen nog lank nie klaar nie - nou raak hul ’n slag romanties!

Dié akteurspaar kuier in September in Wellington by die Breytenbach-sentrum op 8 September en op 10 September by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Beide vertonings begin om 20:00.

Hulle’s meer as 40 jaar getroud en alhoewel hulle soms wonder hoekom; is hul gunsteling-tydverdryf steeds mekaar.

Hulle stry oor nietighede wat so kenmerkend van ou getroudes is. Sy maak sy sinne klaar en hý maak die GPS se sinne klaar.

Saterdae skree hy nie vir die Bokke nie, maar op die skeidsregter en sy draai gedweë die volume af.

Sy wil nou en dan hoor sy’s die mooiste vrou in die wêreld en hy weier om te erken hy word dalk bietjie doof. Sy wil dans, hy wil skud. Sy hou van skinder, skielik hoor hy glad nie.

Maar as die son begin sak, hulle die kombersie oor die knieë trek en hul in stilte wag vir die krieke om te begin sing, wil hulle nêrens anders wees nie.

Kom lag lekker saam met Oupa en Ouma (Johan en Lida Botha). Leon Kruger is verantwoordelik vir die regie en teks.

Kaartjies is R80 per persoon.

Kaartjies vir die produksie by die Breytenbach-setrum op Woensdag 8 September kan bespreek word by Magdel Kemp op 021-873-2786 of teater@breytenbachsentrum.co .za en vir die Ou Meul-teater op Vrydag 10 September by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail .com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za