Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dapper vrou oorlede

Dapper vrou oorlede
 
2005-09-29


DIE dapper vrou van Paarl-Oos wat twee weke gelede met haar liggaam in vlamme die lewens van haar gesin gered het, het aan haar brandwonde gesterf.

Sylvia Jacobs (40) van Solomonstraat het die nag wakker geword toe ’n brandstigter petrol in haar woonkamer uitgegooi het. Brandstof is oor haar gegiet voordat ’n vuurhoutjie getrek is. Sylvia het haar twee dogters geroep sodat hulle met haar kleindogter na veiligheid kon vlug.

Die ouma is met 60 persent brandwonde in die Paarl Hospitaal opgeneem.

Verlede Woensdag, ’n week nadat sy aan die brand gesteek is, het sy beswyk toe infeksie ingetree en haar niere ingegee het.

“Sylvia was so ’n liewe mens, en altyd daar as jy haar nodig gehad het,” het haar bewoë gesin en vriende haar onthou.

Sy laat haar dogters, Natasha (23) en Sylverna (17), haar kleindogter Roché (3), haar moeder en vier broers.

Sylvia is uit die AGS-kerk ter ruste gelê.

Irvill Simons (23) van Harperstraat, die beweerde brandstigter en pa van klein Roché, is in hegtenis geneem. Die aanklag van moord is nou by dié van brandstigting gevoeg.

Irvill is ’n erkende Rastafariër. Volgens Ras Moss Tafari van Klein Nederburg moet die naam Rastafariër vir volgelinge nie in verband gebring word met geweld nie.

* The Paarl East mother who saved her children from an arsonist, has succumbed to the wounds she sustained in the fire.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za