Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Straatren eis lewe

Straatren eis lewe
 
2005-09-29


’n UITDAAG-JAAGTOG in Klein Drakensteinweg Saterdagaand het die lewe van ’n jong motoris geëis.

Shaun du Plessis (20) van Mollstraat 89, Noorder-Paarl, was minute voor sy dood op die sogenaamde “Stoepe”, ’n bymekaarkomplek vir motorrenentoesiaste in Paarl-Oos.

Ooggetuies het gesien hoe Shaun en ’n tweede VW Golf eienaar, om 19:00 hul motors regoor die Drakenstein Hotel by die verkeerslig in Klein Drakensteinweg trek.

Met die oorslaan na groen, het die mans na bewering in die rigting van Huguenot begin jaag.

Hulle het tussen motors deurgevleg tot regoor die Bethanie-skool.

Daar het Shaun beheer verloor en met sy wit motor teen ’n lamppaal in die middel van die pad vasgejaag. Die blou motor het verdwyn.
Shaun het deur die voorruit getrek en ernstig beseer op die teer in die ryvlak rigting Paarl-Oos, beland.

Die jong man het kort na die botsing aan sy beserings beswyk.
Shaun het nog die swart uniform van die pizzafirma vir wie hy aflewerings gedoen het, aangehad.

Hy het aan die Hoërskool Gimnasium gematrikuleer en onlangs by die Munisipaliteit begin werk.

Sy vriendin van meer as twee jaar, Liamé Deminey, het vertel hoe sy minute voor die ongeluk met Shaun gereël het dat hy haar sou oplaai.

Sy wag nou vir die foto’s van hulle saam by Hoër Meisieskool Paarl se matriekafskeid verlede week.

“Doepie het altyd vir almal raad gehad. Hy was so positief, so eerlik en so liefdevol,” het sy hartseer gesê.

Shaun laat ook sy ouers, Kobus en Christene, en sy broer Morné (18) agter.

Die gedenkdiens is vandag om 10:30 in die NG Kerk Paarlberg.

“Die straatjaers wil nie hoor nie, ten spyte van ’n verkeerskamera in Klein Drakensteinweg. Gelukkig is geen omstanders beseer nie,” het Paarl-Oos stasiekommissaris supt Gerda Van Niekerk gesê.

Die ondersoekbeampte, Insp Rodger Dyason (807-4111), sal graag met ooggetuies praat.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za