SMS
2010-09-09
* Van wanneer af mag mens ’n geweer uithaal en ’n kat skiet wat getref is deur padvarke wat jaag in Swartvlei- straat? Meneer ons het jou gesien - jy is nie ’n veearts nie. * Dankie aan kantoor- en werkswinkelpersoneel van motorhawens wat ingespring het om brandstof te bedien tydens die staking. Hulle maak oulike joggies! Angels 1 * Staatsvoertuie word gebruik om gesondheidsdienste aan plase te lewer - maar daar word sommer handel gedryf ook. Is dit reg? * Polisiemanne moet meer verdien as onderwysers, want hul lewens is in gevaar. * Onderwysers wat staak behoort hulle te skaam. Daar is mense wat minder verdien en oorleef. Sies * Pieter kan nou ophou met sy boere-stampkarrugby. Solank Morné Steyn alle balle wegskop sal die Bokke verloor. All Blacks bly die beste. Gerard Paarl * Damesklubs: kry jul gasspreker se toespraak voor die tyd onder oë. Ek was onlangs by een wat onvanpas was - dit handel oor die huwelik, maar 70% van vroue wat daar was, is weduwees. * Die voorsitter van HK-Kollege se Raad vir etlike jare, is van Pretoria. Hoekom kan NG Kerk nie nou iemand van Wes-Kaap sinode kies nie? * Helderberg Kollege is anders as die Hugenote Kollege ’n private kollege, studiegeld dus dubbeld teenoor staatsinstelling. * Hoekom die beheptheid met handel met Kilotreads? Wat van ekonomiese bemagtiging deur ons munisipaliteit? * Almal wil dit hê wat dié het, wat iets het. Jackie, Paarl * Is dit waar die Bokke staak ook vir ’n verhoging?
More
News
|