OP Maandag 30 Augustus is daar helder oordag by ons huis in Pleinstraat, Paarl, ingebreek. Ons huis het gelyk asof ’n tsunami hom getref het.
Dit was ’n groot skok om ons persoonlike items so gestrooi te sien rondlê. Dit het ons hard geruk.
Die polisie was binne vyf minute nadat ons gebel het, by ons huis. Ek wil vir die manne (en vroue) in blou bedank vir hul vinnige optrede en simpatieke dog professionele hantering van die situasie.
Dankie aan konstabels Cupido en Carmen Isaacs en V Gancile (vingerafdrukke).
Leon en Aretha