Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie aan Jaco

Dankie aan Jaco
 
2010-09-09


DIE Paarl Rugby-administrateurs het verneem dat Jaco van Wyk, die Paarl Post sportverslaggewer, hom aangesluit het by Boland Rugby as skakelbeampte. Ons wil hom bedank vir sy goeie diens aan die gemeenskap.

Jaco het altyd die ekstra moeite gedoen vir sportberiggewing in die Paarl Vallei en het alle sportsoorte en sportgebeurtenisse regverdige dek­king gegee.

Hy het geen moeite ontsien om hom te vergewis van feite nie en het nie geskroom om sensitiewe sportaangeleenthede aan te pak en in die regte konteks tot die beskikking van die Paarl Post lesers te stel nie.

Daarbenewens was Jaco ’n brugbouer in die Paarl-gemeenskap en het nie onderskeid getref tussen mindergegoede woonbuurte en meer gegoede woonbuurte of meer belangrike sportsoorte of minder belangrike sportsoorte of sportgebeurtenisse nie.

Die Rugby-kode en Rugby-streek wil graag vir Jaco bedank vir sy bydrae om sport in Paarl te bevorder en wil hom graag sterkte en voorspoed toewens in sy loopbaan. Ons wens sy opvolger, Sieb Sieberhagen, sterkte toe.

Kevin Benjamin




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za