DIE Hoër Jongenskool se pas gepubliseerde biografiese woordeboek “Wie-is-Wie: 140 jaar 1868 – 2008,” is nou in die skoolbiblioteek te koop.
Hierdie historiese en geskiedkundige boek is met groot entoesiasme en waardering deur oud-skoliere en leerkragte ontvang en is ’n integrale bydrae tot die geskiedenis van die skool.
Om die aanskaffing daarvan meer gerieflik te maak, sal die skrywer en skoolbibliotekaresse, Babsie Truter, op Saterdag 11 September by die volgende plekke beskikbaar wees vir die afhaal daarvan vir persone wat die boeke bestel het of nog wil koop: Stellenbosch (die Dros restaurant in die Hoofstraat: 09:00-11:00), Somerset-Wes (die Dros restaurant by die Somerset Mall 12:00-14:00) en Strand (Voorportaal van die Ocean View Hotel 15:00-17:00). Hierdie reëlings is genoodsaak vanweë die hoë koste om die ‘gewigtige’ boek na intekenare te pos, en daar word gehoop dat oud-Boishaaiers in hierdie areas van hierdie metode van aflewering gebruik sal maak.
Vir navrae, kontak my by 021-872-2875 of 082-890-7371.
Babsie Truter