Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog 'n stommiteit deur regering

Nog 'n stommiteit deur regering
 
2010-09-09


DAAR gebeur dit toe weer!!! Ons geagte regering skiet homself in die voet omdat hy eenvoudig geen begrip van die realiteit het nie.

Ek verwys natuurlik na die onbesonne besluit om die wese van die gemeenskapkolleges (Boland Kollege en sy satelliete en ander elders in die land) se bedrywighede so te verander dat dit vir hulle onmoontlik word om hul oorspronklike missie steeds uit te voer.

En in die proses word ook die visie wat tot hul stigting aanleiding gegee het, van die baan gevee.

Hierdie pragtige instellings, wat deur ware, versiende opvoedkundiges ná oorleg met die gemeenskap en talle ander rolspelers in die lewe geroep is om in diepgevoelde behoeftes op plaaslike vlak te voorsien, sal nou noodgedwonge hul huidige en toekomstige studente moet teleurstel en sodoende verraad pleeg teenoor mense wat op plaaslike vlak luid geroep het om ’n geleentheid tot bekostigbare en praktiese toegang tot naskoolse opleiding.

Dit was juis mense uit die volle spektrum van die gemeenskap wat by hierdie kolleges verdere opleiding kon kry om hul beter te bekwaam, ongeag hul ouderdom of ander omstandighede wat hulle sou kon verhinder om by ’n universiteit te studeer.

Kursusse by hierdie kolleges is op bewese behoeftes ingestel en die inhoud daarvan is na oorleg met die moontlike werkgewersgemeenskap, in samewerking met die onderwysowerhede saamgestel.

Hier het ons dus ’n situasie gehad waar daar deur daadwerklike medewerking ’n onderwysinrigting uit die gemeenskap vir die gemeenskap ontstaan en lewenskragtig gegroei het.

Ongelukkig verval ook talle van die pragtige verrykingskursusse wat hierdie kolleges tot beswil van die hele gemeenskap aangebied het, nou. Natuurlik ook tot nadeel van die plaaslike gemeenskap!

Die werklike verlies vir die gemeenskap is onberekenbaar.

Om een of ander onverstaanbare en duistere rede toon die huidige magshebbers geen begrip vir die wonderlike aard van hierdie inrigtings nie en word hul so afgeskaal dat ’n massa mense wat nie universiteitsopleiding kan bekostig nie, die voorreg van tersiêre opleiding ontsê word.

Hierdie misbakte besluit is ongelukkig maar net nog ’n voorbeeld hoe die nuwe Suid-Afrika tot in die grond vernietig word in ’n valse poging van die nuwe magshebbers om te bewys dat hulle kastig beter weet as die plaaslike gemeenskap wat die behoeftes van daardie gemeenskap is.

En natuurlik - dat hulle ook beter weet as hul voorgangers wat reg en wat verkeerd is op onderwysgebied. Kyk maar net watter fiasko word al die afgelope 15 jaar op ons skole en onderwysstelsel afgedwing.

Mag daar spoedig ’n dag aanbreek dat rasionele denke weer op opvoedkundige gebied sal se­ë­vier.

Jan Borman




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za