Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe verbruikersrubriek

Nuwe verbruikersrubriek
 
2010-09-09


AL raadop met daai stukkende televisie wat al ’n geruime tyd by ’n hersteldiens “reggemaak” word?

Paarl Post loods vandag ’n nuwe verbruikersrubriek, “Aan Jou Kant”, waarin lesers se verbruikersprobleme aangespreek gaan word deur Alida Buckle.

Aktuele verbruikersake soos die nuwe Wet op die Beskerming van Verbruikers, wat in Oktober van krag word, gaan ook aandag geniet.

Dié wet beskerm verbruikers teen uitbuiting, met die belangrikste fokus daarop dat die verskaffer voortaan moet bewys dat daar nie fout met die produk of diens was nie. Die verbruiker hoef net te bewys dat daar wel verlies of skade gely is.

Die wetgewing raak ondernemings soos vervaardigers, verkopers, professionele diensverskaffers, kettingwinkels, nie-regeringsorganisasies, vakbonde en munisipaliteite.

Aspekte wat geraak word, is onder meer etikette, die verbruiker se privaatheid (direkte bemarking), die reg om voorafbesprekings te kanselleer en beskerming teen bedrieglike en piramiede skemas.

Aan jou kant sal ons poog om al die rolspelers ’n regverdige kans op kommentaar te gee om ’n positiewe uitkoms aan ’n netelige situasie te gee.

Kommunikasie met Aan Jou Kant, die leser asook die betrokke instansie gaan hoofsaaklik per e-pos geskied sodat al die partye afskrifte het van die hele proses.

Lesers moet hul e-posse na edit@paarlpost.co.za rig met die opskrif Aan Jou Kant. Hou dit kort en tot die punt. Som die kwessie in onder tien reëls op en skryf ook by wat jy as ’n regverdige oplossing beskou.

Hoe meer besonderhede, soos datums, tye en die betrokke personeel se name en vanne, hoe groter die kans dat die leser se kwessie aangespreek sal word. Klagtes kan ook gepos word aan Die Redakteur, Posbus 409, Paarl, 7620, of afgelewer word by Paarl Post in Newstraat.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za