Sportdagboek
2010-09-09
GHOLF * Groenberg Engineering, wat hul 50ste bestaanjaar vier, bied op 17 September ’n gholfdag by die Wellington Gholfklub aan om geld vir bejaardes in te samel. Die inskrywingsgeld is R600 (4BBB Stabelford) en die afslaantye is vanaf 10:00 en 13:30. Bespreek by Cecile Bindemann (083-375-9595) of by Wellington Gholfklub by 021-873-4762. ) RUGBY * Elsenburg vier vanjaar sy 75ste bestaan. Op 9 Oktober (16:00) speel die huidige Elsenburg-rugbyspan teen oud-studente. Oudspelers wat wil deelneem, kan Martiens van Tonder (083-415-3465) of Ryno Palm (083-632-5054) kontak. ’n Spitbraai teen R100 per kop word ook aangebied. Bespreek by Suzette van Zijl (021-808-5470 of 084-819-3452) voor 4 Oktober. * Die Paarl Rugby- en Sportklub se algemene jaarvergadering vind plaas op Woensdag 22 September om 19:00 by die klub in Markstraat. * Roses United is tans hard besig met voorbereidings vir hul deelname aan vanjaar se SAA Nasionale Klubrugby-kampioenskappe wat op 18 September op Stellenbosch afskop. Die Rose se hoofafrigter, Ricardo Williams, sal sy finale groep van 25 spelers volgende Donderdagaand by hul Groot Brag-funksie aankondig om 19:30 in die Flappie Lochner-saal by die Boland-stadion. Kaartjies kos R75 elk en sluit ’n driegang-maaltyd in. Belangstellendes kan Rupert Appolis by 083-497-5542 kontak vir kaartjies.” ) 4X4 * Die Overberg Distrikslandbouvereniging bied ’n 4x4 kompetisie aan by Agri Megaweek op Bredasdorp. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 10 September. Vir navrae of inskrywingsvorms kontak vir Hanno Maritz van die Overberg DLV by 028-424-2890 of odlv1@agrimega.co.za. ) KUSHENGEL * Paarl Kushengelklub hou hulle algemene jaarvergadering op 14 September by Le Bac se Lapa. Vir navrae, kontak vir Gert van Nie k erk by 083-259-4310. ) KRIEKET * Wellington-CPUT krieketklub oefen elke Donderdag vanaf 17:00 by Bolandpark in die Paarl. Alle belangstellendes is welkom. Kontak Basie Basson by 083-230-5467. * Paarl-Oos Krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae om 17:30 op New Orleans se velde. Die klub se algemene jaarvergadering is uitgestel tot 12 September om 12:00 by die klubhuis in New Orleans. * Paarl Krieketklub oefen Maandae en Woensdae om 18:00 by Bolandpark. Nuwe lede welkom. Kontak Lyndon 082-710-5116. Die bekeruitdeling is Saterdag 18 September om 19:00 by die klubhuis (kaartjies kos R50 by bestuurslede). ) ROLBAL * Paarl Rolbalklub open op Saterdag 12 September om 13:30 sy 2010/2011 seisoen met die amptelike ingebruikneming van sy nuwe perk. “Tabs In” is Maandae, Woensdae en Saterdae om 14:00. Nuwe lede en belangstellendes is welkom. Kontak 071-136-5405 of 021-872-7831 vir meer besonderhede. ) ROAD RACES * The annual Hawequa & CPUT HIV/Aids road race will be held on 18 September with registration on 17 September (18:00-00:00). The 10km Road Race/Fun Walk starts at 08:00, the 5km fun walk at 08:30 and the Kiddies Walk at 08:45. The start is at the CPUT Wellington Rugby Clubhouse. For more information, contact Jenny Pietersen at 084-705-1193 or Tyrone Africa at 083-770-3930. * Die Bainskloof Ultra-marathon 68,3km, 21,1km en 6km pretdraf vind plaas op 24 September op Wellington. Die wegspring is by Hugenote Hoërskool. Skakel vir Estelle by 083-232-0532 of eposinfo@bainskloofultra.co.za vir meer inligting. * Die tweede Adam Kock Padwedloop, aangebied deur Athletics Alive Atletiekklub, vind plaas op 18 September vanaf die Zomerlust Spar in die Paarlse Hoofstraat. Die 10 km wedloop begin 08:00 en die 5km pretloop om 08:15. Kontak A Sulaiman by 021-862-9333 of 072-435-9682.
More
News
|