Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2010-09-09


RANGERS TROEF NOORDELIKES Met die terugkeer van Paarl Rangers se kaptein, Butch Green, was dit weer die ou Rangers wat vir Noordelikes getroef het met 38-20. In die eerste helfte het Rangers reeds 5 drieë aangeteken en het daarmee ’n welverdiende bonuspunt gekry.

Die groot uitblinkers was Charlton Jacobs, Jeremy van Neel, Norman Kermis, Terence Martin en Bradley Dirkse asook William Kok wat hul harte uitgespeel het.

Rangers het dié seisoen 18 wedstryde gespeel waarvan hulle 10 gewen het, 2 gelykop gespeel het en 6 verloor het. Hulle het derde in hul liga geëindig.

Paarl Rangers se bekeruitdeling is op 1 Oktober by die Paarl Krieketklubhuis. Die koste is R40 per persoon. Vir meer inligting, kontak Adrian Dombas 072-617-6318 of Nita Jones by 084-548-1378.

) VILLAGERS VERRAS

Newton Villagers het Saterdag op ’n volgepakte Boy Louw-veld vir Voorberg geklop in ’n wedstryd wat enige span kon gewen het. Newton het met 10-8 gewen.

Die besoekers was baie gevaarlik met die bal in die hand en het van oral oor aangeval. Villagers het in die tweede helfte beter gespeel en hul rotsvaste verdediging het gesorg dat hulle die wedstryd wen.

Uitblinkers was Bennie Arries, Ricardo Fortuin, Anthony Pietersen en Anthony Juries. Driedrukkers vir Villageers was Chris Philander en Ricardo Fortuin.

Dié klub bied Saterdag ’n dans aan by Charlies. Hulle volgende wedstryd is op 18 September teen Young Standards op Citrusdal. Skakel A Moos by 082-870-0911 om plek op die bus te bespreek.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za