DIE gewilde Spektrum-kinderteaterspan is terug met nog ’n sprokie wat vir oud en jonk plesier bring. Jan en die Boontjierank is op Saterdag 18 September om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Soos in die sprokie verkoop Jan hul koei vir vyf wonderbone, tot groot ontsteltenis van sy ma wat gehoop het op ’n geldjie om hul deur die swaar wintermaande te dra.
Ma gooi die bone weg - wat onmiddellik groei tot ’n wonderboontjierank. Die nuuskierige Jan kan dit glad nie weerstaan nie en moet gaan kyk wat daar tussen die hoogste blaartjies gebeur.
Op die ander punt van die boontjierank ontdek Jan ’n heel ander wêreld. ’n Wêreld met reuse, feëtjies, goud eierlêende eende en harpe wat sélf speel.
Die regie word behartig deur Gaerin Hauptfleisch met Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman as die akteurs.
Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstem met@gmail.com.