Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nardie weer in die knyp

Nardie weer in die knyp
 
2010-09-09


’n BEKENDE oud-polisieman van die Paarl, Nardie Groenewald, het weer agter tralies beland - dié keer nie in die Paarl nie, maar in Hermanus.

Groenewald, wat destyds ’n speurder by uitstek was, is onlangs deur Hermanus se polisie in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ’n rubberboot.

Die boot is een aand by die Hermanus Seiljagklub uit die water gesleep en weggery.

Nadat die polisie ’n beroep op die publiek gedoen het om op die uitkyk vir die boot te wees, is inligting ontvang wat hulle gelei het na Kleinbaai en uiteindelik Hawston, waar die boot teruggevind is. Groenewald is in hegtenis geneem.

Hy sal vandag in die Hermanus landdroshof verskyn om vir borg aansoek te doen, maar die polisie is vasberade om borg teen te staan.

Groenewald het die afgelope paar jaar verskeie kere met die gereg gebots, maar om een of ander rede kry die regstelsel dit nie reg om hom agter slot-en-grendel te hou nie.

Onlangs is hy deur die Darling polisie vasgetrek in die besit van die dwelm Tik. Hy is ook vantevore aangekla van huisbraak en die steel van brandstof.

Ondersoekbeamptes in vorige sake sit met hul hande in hul hare dat hy keer op keer borg toegestaan word, en van die vorige sake teen hom is reeds van die rol geskrap.

“Keer op keer stap hy maklik uit die hof en sy vervolging duur nie lank nie. Ons kan nie help om te wonder of hy deur oud-kollegas beskerm word nie.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za