Ommietafel stories met Soli Philander
2010-09-09
DIE Afrikaanse ikoon Soli Philander tree op Erfenisdag 24 September in die Paarl op by die Taalmuseum Historium om 12:00. Hy sal sy stories kom deel by die Taalmuseum se Ommietafel met Stories, wat in samewerking met LitNet aangebied word. Die ander storievertellers is die hip-hop-digter/musikant Jitsvinger (van “Afrikaaps” faam), die skrywer Jaco Kirsten en die digter Melt Myburgh. Martelize Brink van RSG is die seremoniemeester. Kaartjies is R150 (met ’n buffet-ete en Leopard’s Leap wyn ingesluit) en is beskikbaar by 021-872-9754 of www.cultivaria.com.
More
News
|