Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hond verdwyn by hondeherberg

Hond verdwyn by hondeherberg
 
2010-09-09


MISDADIGERS het nou al so desperaat geraak, dat hulle selfs ’n hond vanuit ’n hondeherberg gesteel het.

Saterdagaand het boewe toegang verkry tot die perseel van Leliefontein in Klein Drakenstein, wat ’n bekende hondeherberg is.

Hulle het ’n hondehok oopgebreek en die pad gevat met ’n negejarige Staffie.

Die eienaar van die hond, Dirk Swart, was geskok toe hy Sondag die tyding ontvang dat sy hond, Toks, gesteel is.

“Nou sit ek met ’n huis vol baie hartseer mense.”

Denise Fourie van Leliefontein het gesê dat hulle net so geskok is oor die voorval.

“Ons sekuriteit was nog nooit vantevore ’n probleem nie.

“Die kwaaddoeners het oënskynlik geweet waarna hulle soek en het deur die draad van die hok geknip om die hond te vat.

“’n Jack Russell van ’n buurplaas is ook onlangs gesteel.

“Ons werk nou met die polisie saam om vir Toks terug te kry.”

’n Saak van diefstal is by die Paarl polisie geopen en alle leidrade word tans opgevolg.

Enigiemand wat inligting beskik oor waar Toks homself bevind, kan a/o René Schietekat skakel by 021-807-4000.

’n Beloning word beloof vir die veilige terugbesorging van die hond.

Linda Groenewald van die Paarl DBV het haar vrese uitgespreek vir dié hond se veiligheid.

“’n Hond soos ’n Staffie word deur sekere mense beskou as ’n veghond. Ons het ’n probleem in Paarl-Oos waar honde, veral Pit Bulterriërs, aangehou en geteel word as veghonde.

“Volgens wet is dit baie moeilik om hierdie honde van die straat af te haal, en die hondegevegte in dié gebied vind in uiterste geheimhouding plaas.”

* A dog has been stolen from a boarding kennel in Klein Drakenstein.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za