Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cultivaria op ’n klassieke noot

Cultivaria op ’n klassieke noot
 
2010-09-09


LIEFHEBBERS van klassieke musiek kan uitsien na ’n uitstekende klassieke musiekkalender tydens vanjaar se Cultivaria-kunstefees van 23 tot 26 September in Paarl.

Een van die hoogtepunte is die opwindende produksie Amor hai Vinto (Liefde, jy het geseëvier) met vroeë Italiaanse barokmusiek deur Monteverdi en verteenwoordigende werk van Vivaldi en Handel.

Sopraan Lente Louw en bariton Charles Ainsley word begelei deur Hans Huyssen op baroktjello en Andrew Cruikshank op die klavesimbel tydens ’n eenmalige vertoning op Sondag 26 September om 12:00 by Hoërskool Gimnasium se ouditorium,

) In Blondes on a G string is Zorada Temmingh en Elna van der Merwe weer agter die klawers vir ’n keurspel van Grieg, Gershwin en gewilde musiekblyspele.

Dié twee pianiste sal gehore op hulle voete hê met hulle vertolking van Grieg se klavierconcerto’s, asook gunstelinge soos Rhapsody in Blue, An American in Paris and Someone to watch over me. Moenie hulle vertonings op 24 September om 11:30 en 26 September om 15:30 in the Paarlse Stadsaal misloop nie.

) Die 22-jarige Winand Grundling word gereken as een van Suid-Afrika se top uitvoerende klassieke musikante en sy orrelspel tydens Organ Fireworks is verstommend. Grundling doen ’n uitvoering met werke van Bach, Mendelsohn en Guilmant sowel as sy eie vertolkings van onder andere “Amazing Grace” in die Toringkerk in Paarl se Hoofstraat.

) Balletliefhebbers kan uitsien na ’n vertoning deur die Kaapstad Ballet van klassieke meesterstukke op 25 September om 11:00 in die stadsaal. Die program sluit hoogtepunte soos La Bayadere, Don Quixote en Carmen in, sowel as hulle trefferproduksie Poetry in Motion. Tussen produksies kan feesgangers inloer by die Heinz Emporium by die Faure-stadion om wêreldklas wyne en plaaslike lekkernye te geniet. Ingang tot die emporium word ingesluit by die aankoop van enige produksiekaartjie op dieselfde dag. Kaartjies kan ook by die hekke verkry word teen R10 per persoon.

Die oopplan emporium sluit ’n vermaaklikheidsarea sowel as die Bokomo Kombuis in. TV sjef Sonia Cabano sal kosdemonstrasies en proesessies hou. Bespreek by www.cultivaria.com of by die feeskantoor langs die Paarl Stadsaal.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za