Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Radio Kalahari Orkes hou opskop in die Paarl

Radio Kalahari Orkes hou opskop in die Paarl
 
2010-09-09


SEDERT Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis.

Die Radio Kalahari Orkes maak Woensdag 15 September ’n draai by die Ou Meul-teater om 20:00.

Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse, vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing en mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan.

RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.

Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van ghoema tot rock, kwaito tot boeremusiek en natuurlik nog vele meer.

Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.

Die songs se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek – van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet.

Uit die pen van Ian Roberts kom ook ’n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld.

Die manne agter meeste van die wysies is Dan Roberts en skrywer-joernalis Rian Malan, wat ook sy eie album Alien/Inboorling vrygestel het en met geweldige entoesiasme ontvang is.

Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za