Gim sit glimlaggies op kinders se gesiggies
2010-09-09
TE DANKE aan Hoërskool Gimnasium, Paarl, kan daar weer glimlaggies op kinders se gesiggies gesit word! Dawid Grier en Bram Malherbe was die afgelope tyd in die nuus omdat hulle reggekry het wat volgens baie mense onmoontlik was: hulle het die hele lengte van die Groot Muur van China – ’n volle 4 000 km - in 98 dae afgelê. Sonder die inligting dat hierdie afstand in hitte, wind, sandstorms, sneeu en ’n temperatuur van -20 grade afgelê is, sou sekere mense die heldetog seker as heel prakties haalbaar beskou het. Dit is eers nadat die Gimmies die geleentheid gehad het om die hele sage uit die mond van David Grier, ’n avonturier en deesdae motiveringspreker, te hoor dat hulle besef het wat ’n ongelooflike prestasie hierdie twee Suid-Afrikaanse mans behaal het – en dit om geld vir die regmaak van kinders se misvormde gesiggies in te samel. David Grier het die Gimmies met sy aanbieding so geïnspireer dat hulle besluit het om ’n 3 km-wedloop by te skool ten bate van dieselfde doel te hou. Al die leerders het daaraan deelgeneem en ’n donasie as inskrywingsfooi gegee. Na die 3 km-pretstap om die skoolgrond is R22 000 ingesamel: ’n bedrag wat genoeg is om 4 misvormde gesiggies weer te laat glimlag.
More
News
|