Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples reg vir krieketseisoen

Peoples reg vir krieketseisoen
 
2005-09-29


DIE manne van Young Peoples Krieketklub is gereed vir die krieketseisoen wat die naweek afskop.

Die Tiere het Saterdag vir Milnerton Krieketklub in ’n vriendskaplike wedstryd op Daljosafat geklop.

Peoples teken 233/7 aan, danksy goeie bydraes deur Quinton Kannemeyer (75 4x8), Brendon Gabriels (56 4x4) en Tom-Ross Fortuin (43nun 4x4, 6x1).

Al die boulers het ’n goeie dag beleef en die besoekers verhoed om die teiken te haal.

Peoples II het ook ’n vyfpaaltjie-sege oor dieselfde klub behaal.

Die Tiere is die teiken van 144 gestel, nadat Sean Andrews (4/28 in 10bb), Gercian Gabriels (2/16 in 8bb) en Nolan Timmy (1/14 in 10bb) baie goed geboul het.

Melvyn Jackson (66 4x11, 6x1) en Imran Nackerdien (29 4x5) het die hoogste tellings aanteken.

Saterdag speel Peoples I weg teen Vredenburg/Saldanha.

* Paarl-Oos I speel tuis teen Hermanus I.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za