DIE Mimi Haasbroek Sangskool bied op Saterdag 11 September vanaf 10:00 tot 16:00 ’n “Performing Arts Workshop” by die Ou Meul-teater aan.
Die onderwerpe wat bespreek gaan word, is grimering (dag/aand/verhoog), kleredrag vir verhoog, haarstilering, mikrofoontegniek, gebruik van verhoog, en nog meer.
Daar sal ook gaskunstenaars optree.
Toegang is R80 per persoon. Verversings sal te koop aangebied word. Vir navrae, kontak Mimi Haasbroek by 082-585-0632.