DIE ATKV Boland bied op Saterdag 11 September om 11:00 ’n debat in die Paarl aan met bekendes wat sal gesels oor die onderwerp: “Wat maak ons met die Afrikaanse taal?”
Die debat in die ouditorium van die Hoërskool Gimnasium in die Paarl sal deur Heinrich Wyngaard, voormalige aanbieder van die TV-aktualiteitsprogram “Wat’s die storie”, gefasiliteer word en sal vir die aanwesiges die geleentheid skep om met mekaar opinies oor die onderwerp te wissel.
Ander bekendes wat gaan deelneem, is die skrywer Diana Ferrus en die aktrise Elsabé Daneel.
’n Gratis vingerete word na afloop van die byeenkoms aangebied.
Vir navrae en besprekings, kontak Esmé Goldie by 021-886-7156.