Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulle kan beslis bestuur

Hulle kan beslis bestuur
 
2005-03-17


’n MENS kan nie ’n prys sit op iemand se lewe nie, daarom is bestuursopleiding van die uiterste belang.

Só het Gavin Prince van GP Training gesê tydens ’n funksie vir die nege werknemers van Drakenstein Munisipaliteit wat Bolandkleure verdien het in Kode 08-bestuur. Dit is gewen deur Anthony Africa.

Drakenstein was een van ses munisipaliteite wat onlangs aan die Boland-kompetisie vir Kode-08 bestuurders op Worcester deelgeneem het.

Die plaaslike span van 16 spog nou met nege uit die tien lede wat binnekort teen die WP gaan meeding, asook die reserwe-lid.
Die kode 08-kompetisie het vanjaar herleef, nadat dit sowat ses jaar gelede doodgeloop het.

’n Kompetisie vir swaarvoertuigdrywers word ook die afgelope paar jaar aangebied, en Drakenstein vaar hier ook goed.
Prince sê die kompetisie is eintlik ’n heropleidingsprogram en gaan oor bestuursvernuf.

“Daar het die afgelope drie jaar 75 nuwe padtekens bygekom en hierdie is een manier om dit aan bestuurders te leer.”

Pieter le Grange van die opleidingsdepartement, sê opleiding is hoog op die agenda vir Drakenstein.

“’n Mens kan nooit lewens bo geld plaas nie,” het hy gesê oor die belangrikheid van dryweropleiding.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za