Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe werk dit dan met 'specials' by supermarkte?

Hoe werk dit dan met 'specials' by supermarkte?
 
2010-09-16


GROOT was my teleurstelling in die nuwe Checkers Van der Lingen in die Paarlse Hoofstraat. Ek en my suster besoek die winkel onlangs om 50 bottels Appletizer te koop.

Eerstens het hulle nie voorraad nie, so ons verander ons voorneme en koop maar Grapetizer en Peartizer ook by, om die 50 bottels vol te maak.

By die toonbank gekom verskil die prys wat ons sien en die prys wat hulle skandeer.

Een van die oorsieners gaan haal die prys-­etikette om seker te maak van die prys. Die prys is toe nie wat die bottels toon nie.

Die bestuurder kom nader en sê vir die oorsiener dat ons net drie bottels teen die goedkoper prys kan kry, maar nêrens staan daar drie per kliënt nie.

So, wat dit wil sê is dat, indien ons die duurder prys betaal kan ons 50 kry, maar sodra ons die goedkoper prys wil hê kan ons net drie kry.

Is dit regverdig? Ek dink nie so nie. Wat staan mens te doen in so ’n geval?

Elmarie Solomons

’n Checkers-woordvoerder reageer: Die Checkers supermarkketting bied hiermee graag sy verskoning aan vir enige ongerief wat me Elmarie Solomons moes verduur as gevolg van die teenwoordigheid van foutiewe prys-etikette vir Appletizer op die winkelrak van Checkers Van der Lingen, Paarl.

Die spesiale aanbieding, waartydens die produk teen R11,99 per 750 ml bottel aangebied is, het reeds op Sondag 5 September geëindig. Die prys-etikette op die rak is ongelukkig nie betyds dienooreenkomstig verander nie.

Dit is vir Checkers baie belangrik dat daar geen misleidende of verouderde kennisgewings in hul winkels mag verskyn nie, en die nodige stappe sal geneem word om te voorkom dat so ’n insident weer plaasvind.

Aangesien die produk nie meer op promosie was nie, kon die winkelbestuurder ongelukkig nie ’n aantal van 50 eenhede van die produk teen die voorheen geadverteerde spesiale prys aanbied nie.

Die winkelbestuurder het nogtans as ’n blyk van verskoning vir die misverstand, eers drie en in ’n latere gesprek, tien bottels Appletizer teen die promosieprys aangebied, en beide kere het me Solomons nie in die aanbod belang gestel nie.

Checkers behou die reg voor om, wanneer produkte teen ’n spesiale prys aangebied word, die hoeveelheid van aankope te beperk, om sodoende aan alle klante geleentheid te bied om die aanbieding te benut, omdat onbeperkte voorrade van produkte op promosie nie altyd vanaf verskaffers beskikbaar is nie.

Die supermarkgroep verskaf ook nie aan ander klein- of informele handelaars nie omdat die voordeel van verlaagde pryse aan sy eie klante vir persoonlike gebruik gebied word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za