Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lap en plak van paaie op Wellington pla

Lap en plak van paaie op Wellington pla
 
2010-09-16


EK kan nie verstaan wat aangaan in Berg-en-Dal in Wellington nie.

Ons waterpype is vrot en die paaie word net gelap en geplak.

Dit is nou al die hoeveelste keer dat ons huise nie water het nie die algelope tyd, daar word net gelap en geplak, môre bars dit maar net op ’n ander plek.

Die teerpad se gate word toegestop met teer, maar langsaan val net nog ’n groter gat in. Wanneer laas is die pad geteer - seker laas in 1980.

Uitsig is die duurste woonbuurt in Wellington, dus word daardie buurt se paaie in goeie toestand gehou en ek neem aan hul waterpype is die beste. Hierdie afskeepwerke is twak.

Munisipale geld word verhoog, maar geen diens word gelewer in seker buurte nie. Nou word daar onnodige toegee-eilande aangebring, of spoedhobbels wat later verwyder word. Daardie koste kon gebruik geword het om ons pad in stand te hou.

Ons strate is ook vol sand of klippe, maar die munisipale werkers maak nie dit skoon nie.

Die munisipaliteit is gou om jou huiswaardasie op te stoot sodat jy meer erfbelasting betaal, maar as’t ware moet dit verminder word weens die paaie se toestand. Dit geld ook vir die waarde van jou eiendom.

Drakenstein Munisipaliteit se area is te groot en daarom kan daar nie aan alles aandag gegee word of in stand gehou word nie.

William

Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer: Die vervanging van water- en rioolpype word gedoen dienooreenkomstig die meesterbeplanning, en die opgradering van strate volgens die pavleiselbestuurstelsel.

Die items wat volgens die beplanning bepaal word, word op die driejaar kapitale begrotingsplan geplaas en jaarliks deur die Raad oorweeg en goedgekeur.

Die departement ontvang nie voldoende fondse om al die beplande projekte aan te pak nie.

Die departement hersien ook die projekte wat gedurende ’n finansiële jaar aangepak word na aanleiding van bedryfsprobleme soos barspype wat ondervind word.

Berg-en-Dal straat is nie op dié jaar (2010/2011) se begroting om herseël te word nie. ’n Opgedateerde plaveiselbestuurstelsel sal later die jaar beskikbaar wees en sal die prioriteit vir die volgende finansiële jaar bepaal.

Die vervanging van waterpype in terme van die meesterbeplanning is die afgelope paar jaar wel gedoen byvoorbeeld in Berg-en-Dalstraat is dit verlede jaar vervang.

Die skoonmaak van die strate is ’n bedryfsaspek en die nodige aandag sal daaraan gegee word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za