Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spanning bou vir derby tussen sokkerklubs

Spanning bou vir derby tussen sokkerklubs
 
2005-09-29


DIE plaaslike sokkerondersteuners kan nie wag vir die naweek nie, wanneer die spanne Double V United en Paarl Pirates mekaar die stryd aansê in hul eerste derbykragmeting.

Dit sal ’n figuurlike Dawid en Goliat stryd wees, met Double V United wat die jongste klub in die Drakenstein Sokkerassosiasie (DSA) is, teenoor die gevestigde Paarl Pirates wat vanjaar hul 35ste bestaansjaar vier.

Die wedstryd is ook van groter belang deurdat dit ’n kleedrepetisie is vir die SAFA Boland-kompetisie wat op 1 Januarie sal begin.

Die klubs wil bewys dat hulle aan die vereistes van die nasionale sokkerliga sal kan voldoen deur twee senior, twee junior en ’n vrouespan in die liga in te skryf.

Sokker van hoë gehalte word verwag en die klubs probeer ook so om misdaad en dwelmmisbruik in Paarl-Oos hok te slaan.

Danksy aggressiewe ledewerwing deur albei klubs die afgelope drie weke, sal daar Sondag op die Boy Louw-velde o.11, o.13, o.15, o.17, vroue, en oor 35’s wedstryde gespeel word.

Die hoogtepunte is egter die wedstryde tussen die twee DSA en Superligaspanne, met laasgenoemde wat om 16:30 afskop.

“Ons is slaggereed vir Pirates en ons gaan nie ons ondersteuners teleurstel nie,” het Double V United se sekretaresse, Amira Hendricks, gesê.

Pirates het egter ’n repu-tasie om te onderhou.

“Ons is die oudste klub in die DSA en ons gaan bewys dat ons ongetwyfeld die beste span in die Paarl is, met die grootste toeskouergetalle,” het Pirates se woordvoerder, Boeta Mics, gesê.

Vervoer sal heeldag beskikbaar wees om toeskouers na die velde te neem, terwyl buurtwaglede en die polisie sal toesien dat orde gehandhaaf word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za