Plaaswerkers vertrek na Boergondië
2010-09-16
GERRIT van Rensburg (middel), Wes-Kaap Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling, het onlangs ’n groep van 15 Wes-Kaapse plaaswerkers sterkte toegewens met hul eersdaagse vertrek op die Thuthukile Skweyiya (Wes-Kaap-Borgondië) Uitruilskema. Die twee groepe Wes-Kaap werkers gaan onderskeidelik opleiding in wingerdbou en wynvatvakmanskap in Boergondië ontvang by die Centre de Formation Professionelle et de Promotion Agricole de Beaune. Die provinsiale regering borg elke werker met ongeveer R45 000, wat die plaaslike opleidingskomponent en vliegkaartjies insluit. By van Rensburg is plaaslike kandidate (agter van links) George Balangeli (Graham Beck Wines), Marshall Arendorff (KWV), John October (Rupert en Rothschild). Voor is Ursula Arrison (Rupert en Rothschild), September Vermeulen (Graham Beck Wines) en Andries Booisen (Ruitersvlei). Van Rensburg gaan voor die einde van die jaar die Uitruilooreenkoms hernieu, aangesien dit as uiters suksesvol deur beide streke beskou word.
More
News
|