Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2010-09-16


BEKERFUNKSIE

*Newtons Rugby bied sy jaarlikse bekeruitdelingsfunksie op 1 Oktober in die Wellingtonse stadsaal aan. Tydens die vingerete (R70) sal die klub se uitstaande administrateurs en spelers aangewys word.

) RUGBY

* Elsenburg vier vanjaar sy 75ste bestaan. Op 9 Oktober (16:00) speel die huidige Elsenburg-rugbyspan teen oud-studente. Oudspelers wat wil deelneem, kan Martiens van Tonder (083-415-3465) of Ryno Palm (083-632-5054) kontak. ’n Spitbraai teen R100 per kop word ook aangebied. Bespreek by Suzette van Zijl (021-808-5470 of 084-819-3452) voor 4 Oktober.

* Die Paarl Rugby- en Sportklub se algemene jaarvergadering vind plaas op Woensdag 22 September om 19:00 by die klub in Markstraat.

* Sewes. Die loting van die jaarlikse Erfenisdag sewe-aan-’n-kant toernooi word vanaand om 19:00 by die AC Rottweiller raadsaal gedoen. Alle 16 senior klubs moet teenwoordig wees en klubkapteins/afrigters moet in klubtruie aanmeld. Junior en senior lotings word vanaand afgehandel. Vir verdere navrae, skakel 082-731-4879.

* Riverstones Old Boys hou ’n piekniekdans (R70 p/p) op 17 September by die Gemeenskapsaal in die Paarl. Kontak Ronald Claasen (083-7438-392) vir meer inligting

) KRIEKET

* Wellington-CPUT krieketklub oefen elke Donderdag vanaf 17:00 by Bolandpark in die Paarl. Alle belangstellendes is welkom. Kontak Basie Basson by 083-230-5467.

* Paarl-Oos Krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae om 17:30 op New Orleans se velde. Twee vriendskaplike 45-boulbeurt wedstryde vind op 18 en 19 September plaas op die New Orleans-velde. Kuilsrivier op 18 September om 10:00 en Mitchell’s Plein op 19 September om 10:00. Die toer na Suid-Kaap neem ‘n aanvang op 24 September. Vir meer inligting, kontak Andrew Appollis by 021-862-5594 of 083-689-0017.

* Paarl Krieketklub oefen Maandae en Woensdae om 18:00 by Bolandpark. Kontak Lyndon 082-710-5116. Die bekeruitdeling is Saterdag 18 September om 19:00 by die klubhuis (kaartjies kos R50 by bestuurslede).

) ROAD RACES

* The annual Hawequa & CPUT HIV/Aids road race will be held this Saturday with registration on 17 September (18:00-00:00). The 10km Road Race/Fun Walk starts at 08:00, the 5km fun walk at 08:30 and the Kiddies Walk at 08:45. The start is at the CPUT Wellington Rugby Clubhouse. For more information, contact Jenny Pietersen at 084-705-1193 or Tyrone Africa at 083-770-3930.

* Die tweede Adam Kock Padwedloop vind plaas op 18 September vanaf die Zomerlust Spar in die Paarlse Hoofstraat. Die 10 km wedloop begin 08:00 en die 5km pretloop om 08:15. Kontak A Sulaiman by 021-862-9333 of 072-435-9682.

) SKYFSKIET

Cape Air Rifle hou ’n windbuks- skietdag eerskomende Saterdag om 09:00. Kontak Jacques by 083-5603-141.

) KARATE

Hayashi Ha Karate bied ’n “Champion Breakfast” te Drakenstein Gevangenis-terrein aan op 24 September. Fondse word ingesamel vir 3 kampioene wat opgeneem is in die Protea-span wat op 21 Oktober in Serwië aan die Wêreld Karatetoernooi deelneem. Kaartjies (R60) is beskikbaar by Shabre by 021-872-5745 (k/u).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za