Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom wen saam met Boland Kavaliers

Kom wen saam met Boland Kavaliers
 
2010-09-16


ONDERSTEUNERS van die Boland Kavaliers kan Vrydag met lekker pryse wegstap by die Boland-stadion, ná afloop van die wedstryd tussen die Boland Kavaliers en die SWD Arende.

Boland-ondersteuners wat Vrydag die beste geklee is in ‘Kavaliers-uitrusting’ (vlae, truie, plakkate en so meer), staan ’n kans om een van vyf 2011 Boland Kavaliers-pette te wen, wat geteken is deur die Springbok-slot Victor Matfield.

Nóg pryse sal op die dag uitgedeel word, onder andere Kurt Darren se nuwe CD ‘Love Songs’, mini-rugbyballetjies (ook geteken deur Matfield), asook twee Absa-spaarrekeninge ter waarde van R2500, in samewerking met SA Rugby en die ‘Get That Fan’-kompetisie (besoek www.getthatfan.co.za).

Vrydag se wedstryd tussen die Boland Kavaliers en SWD Arende skop om 16:00 af, met die o.21-spanne van Boland en WP wat om 14:30 in ’n voorwedstryd sal kragte meet.

Kaartjies kos R30 (toegang is gratis vir skoliere). Die hekke open om 14:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za