Rugby-flitse
2010-09-16
PNIEL VILLAGERS VERLOOR NET-NET. Die Pniel Villagers rugbyspan het hulle laaste ligawedstryd teen Belhar net-net met 40-36 verloor nadat hulle nog met rustyd 24-21 voor was en daarmee hulle onoorwonne status in die tweede ronde prysgegee. Dit was ’n opwindende wedstryd waarin die groot getal toeskouers getrakteer was op hoogstaande rugby. Nie minder nie as twaalf drieë is in die wedstryd aangeteken. Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg en om uitblinkers uit te sonder is moeilik, want dit was spanpogings. Drieë is aangeteken deur Gavin Petersen (2), Eugene Francis, Stefanus Cedras, Graeme Sambo en Murdow Dreyer terwyl Stefanus Cedras met drie doelskoppe geslaag het.
More
News
|