Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baie blinklywe by hengelkompetisie

Baie blinklywe by hengelkompetisie
 
2010-09-16


TYDENS die 8ste klubkompetisie van die Paarl Varswater-hengelklub wat by J-dam by Zeekoeivlei aangebied is, het weer eens goeie vangste opgelewer. Ongeag ’n sterk noordwestewind het die groot visse nie gehuiwer om aan al die lekker ase wat aangebied is, te kom byt nie. Vir party hengelaars het die soet geure gewerk en vir ander was die sterk geure weer die beste resep.

Daniel Vosloo het behoorlik onder die groot visse ingeklim en was die beste hengelaar vir die dag met 4 visse vir ’n totaal van 22 kg. Sydney Diedericks het 7 visse gevang vir 18 kg wat aan hom die 2de plek besorg het met Stokkies Rossouw in die derde plek met 4 visse vir 19 kg.

Onder die dames was dit die jonger geslag wat die beste gevaar het. In dié afdeling het Bianca Breytenbach die beste gevaar met 5 visse vir 1,7kg, met Cisca Joone wat nog op laerskool is in die 2de plek met 3 visse vir 1kg.

Bianca het ook die junior afdeling gewen met Terrance Carlson in die 2de plek.

’n Totaal van 57 visse is vir die dag gevang in J-Dam wat oor die algemeen maar ’n moeilike dam is. Stokkies Rossouw het die grootste karp vir die dag gevang met ’n gewig van 7,6kg.

Die tweedelaaste kompetisie van die jaar is op 16 Oktober by Theewaterskloofdam. Aangesien dit ’n dam is waar die water baie geleidelik diep word, is dit gewoonlik die hengelaars wat die verste kan gooi wat die meeste sukses behaal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za