Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oosthuizen gaan pas aangee

Oosthuizen gaan pas aangee
 
2010-09-16


VOLGENDE Vrydagoggend op Erfenisdag (24 September) sal die Bainskloofpas vir verkeer gesluit wees vir die Bainskloof Ultramarathon, wanneer verlede jaar se wenner, Johan Oosthuizen, sy titel gaan verdedig.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat die Bainskloof Ultra- en Halfmarathon in Wellington aangebied word.

Die Ultramarathon van 63,3km strek oor die moeilike, maar asemrowende Bainskloofpas met die draaipunt by die Bergsigkelder.

Die Halfmarathon kry ook so ’n voorsmakie van wat dié pas met hardlopers kan doen, met 10,5 km pas op en met die draaipunt net voor Gawie se Water.

Die getalle vir die wedloop het jaar na jaar toegeneem en atlete kom jaarliks terug. Oosthuizen (Anmar), ’n tweemalige wenner van ’n goue medalje by die Comrades, gaan sy rekord van 4:10:38 hierdie jaar kom verdedig. Plaaslike atleet Owen Smith (Wellington), wat verlede jaar tweede gekom in ’n tyd van 4:45:09, sal ook weer op sy pos wees.

Inskrywings kan nog tot op 18 September gedoen word. Die 63,3km wedloop spring om 06:00 weg en die 21,1km om 07:00 vanaf die Hugenote Hoërskool se sportgronde. Registrasie vind vandag en môre by die skool plaas.

Daar is natuurlik ook vir die res, wat nie die langpad wil aandurf nie, ‘n 6km pretloop om 09:00.

Hierdie jaar sal dié atlete ook deel van die gees op Bainskloofpas wees met die draaipunt by Bovleikelder. Fondse is ten bate van Huis Andrew Murray. Inskrywings (R25) vir die pretloop kan nog tot op die oggend van die wedloop gedoen word.

Die organiseerders nooi almal met drafskoene uit om Erfenisdag in hierdie pragtige gebied te kom vier.

Rig enige navrae aan Estelle Kellerman by 083-232-0532 of besoek die webwerf by www.bainskloofultra.co.za

Die Bainskloofpas sal vir die duur van die wedloop gesluit wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za