Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl roeiers ding internasionaal mee

Paarl roeiers ding internasionaal mee
 
2010-09-16


VIER roeiers van die Paarl Kanoklub het die afgelope tyd só goed met die roeispane presteer dat hulle Suid-Afrika in September in die buiteland gaan verteenwoordig.

Luke Stowman het Sondag reeds na Slowakye vertrek om Suid-Afrika in die Slowakynse junior regatta te gaan verteenwoordig. Hierdie toernooi staan ook bekend as die ‘Olympic Hopes Tour’.

Hier word atlete vir die komende spele geselekteer en aangewys. Luke sal hier kompeteer in die 200, 500 en 1000 m items, onderskeidelik (K1 sowel as K2). Sy spanmaat vir die K2 items is Heinrich Botha van Pretoria.

Die Suid-Afrikaanse span bestaan uit vier atlete uit die Wes-Kaap met 21 lande wat deelneem waaronder top kanovaart-lande soos Australië, Brittanje, Hongarye, Singapoer en Frankryk.

Luke het ook pas teruggekeer van die Jeug Olimpiese Spele in Singapoer. In die snelroei-afdeling het hy tot die tweede ronde deurgedring en in die slalom het hy tot die derde ronde deurgedring.

Hy het in April aan die SA snelroei-kampioenskappe deelgeneem wat aanleiding gegee het dat hy gekies is om aan die Olimpiese Jeugspele te gaan deelneem en hierdie week aan die Slowakynse junior regatta. Hy gaan ook in Oktober aan die Visrivier-kanomarathon in die Oos-Kaap deelneem.

She-Earl de Wee het ook in April aan die SA snelroei-kampioenskappe deelgeneem en het gekwalifiseer vir die Afrika snelroei-kampioenskappe wat later in September in Tunisië sal plaasvind.

Joseph Williams en Divieano Pietersen het vroeër vanjaar aan die SA K2 Kano Platwater-kampioenskappe in Plettenbergbaai deelgeneem.

Hulle het as juniors tweede algeheel klaargemaak en is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Junior Platwater- kanokampioenskappe volgende week in Spanje.

Dié twee roeiers sal betyds terug wees om deel te neem aan die Virsrivier-marathon wat aan die begin van Oktober plaasvind.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za