Ervaring bring beker huis toe
2005-09-29
HY is miskien al besig om aan te stap in die jare, maar Christo Ross het onlangs gewys dat sy ervaring hom nog ’n gedugte teenstander in die karate-arena maak.
Ross is by die onlangse Seibukan Kampioenskap in Kaapstad as die SA Katakampioen aangewys.
Die Paarliet, wat op 42-jarige ouderdom in die veterane-afdeling deelneem, het in die finaal heelwat Protea-karatekas in die stof laat byt.
Ross, wat in 2000 die Wêreld Alle Style Kampioenskap in Indianapolis gewen het, sal op 22 Oktober weer in dié toernooi deelneem.
Hy sal hoop om sy huidige goeie vorm tydens die toernooi wat in Maleisië gehou word, voort te sit in beide die kata en die kumite (gevegte) afdelings.
More
News
|