Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die Tuindwergies tree op in Wellington

Die Tuindwergies tree op in Wellington
 
2010-09-16


DIE musiekgroep Tuindwergies met Pieter de Jager, Jean Swiegers, Dawie de Jager en Emile Swiegers tree op 20 September by Hugenote Hoërskool in Wellington op.

Dié opvoering is ten bate van die skool se o.19 kriekettoer na Mosselbaai tydens die September-skoolvakansie.

Pieter (die Kort Dwerg) is die hoofsanger en akoestiese kitaarspeler in die band. Jean (De Dwerg) is die drommer en ‘backing vocalist’. Dawie (die Berg Dwerg) speel baskitaar.

Emile (die Lang Dwerg), is die hoofkitaarspeler, skryf liedjies en is ’n ‘backing vocalist’.

Die Tuindwergies tree gereeld by feeste op en het al verskyn in die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan.

Hulle musiek groove sonner pretensie - dit bring beslis nuwe klank en energie na die Afrikaanse musiekpartytjie.

Deure open om 18:00 en kaartjies kos R40 by die deur. ’n Snoepie sal beskikbaar wees.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za