Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chris Chameleon maak sy buiging in Paarl

Chris Chameleon maak sy buiging in Paarl
 
2010-09-16


VAN Suid-Afrika se gewildste kunstenaars sal tydens vanjaar se Cultivaria-kunstefees in die Paarl optree.

Die fees met finesse, geborg deur FNB en Drakenstein Munisipaliteit, vind vanaf 23 tot 26 September plaas en die propvol feeskalender spog met etlike vertonings wat hulle debuut by die fees maak.

Bekroonde solosanger en liedjieskrywer Chris Chameleon maak sy buiging met Noot vir Brood, wat spesiaal vir Cultivaria geskryf is. Chameleon beduie vir gehore op ’n skerpsinnige wyse hoe die pad na sukses in die Afrikaanse musiekbedryf loop. Melissa van der Spuy en Riaan van Rensburg skep saam met Chameleon aan die pragtige musiek van hierdie produksie op 26 September om 10:30 en 12:30 in die Paarl Stadsaal.

Afri-Frans maak ook ’n Kaapse draai op 25 September om 11:00 en 26 September om 12:00 in die polisiekollegesaal. Franse sangeres Myra Maud deel die verhoog met Anna Davel onder begeleiding van bekende musikante soos Matthys Maree, Denny Lalouette, David Klassen en Mauritz Lotz. Die gewilde pop-rock groep aKing sal ook die tempo aanwakker tydens hulle eerste vertoning by Cultivaria.

Louise Carver is ook terug met haar nuutste produksie Look To The Edge en sal op 24 September om 12:00 in die Gimnasium Hoërskool haar gehore meevoer op ’n musikale reis. Sterling EQ gaan beslis sorg vir elektriese vermaak tydens hulle energieke vertonings op 25 September om 11:00 en 26 September om 16:00 by Gimnasium Hoërskool. Bespreek aanlyn by www.cultivaria.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za