Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Historiese skuur in ligte laaie

Historiese skuur in ligte laaie
 
2010-09-16

Lise Beyers

’n HISTORIESE ou skuur op ’n plaas buite Wellington is verlede week deur ’n brand in puin gelê.

Dan Retief (jr) van Welvanpas is Dinsdagaand omstreeks 20:00 deur sy buurvrou in kennis gestel van die brand.

“Sy het hierheen gery en gesê dat sy vanaf hulle plaas, Doolhof, die vlamme kon sien.

“Ek het gaan kyk en gesien hoe borrel vlamme uit die ventilasiegate van die boonste mure van die skuur.

“Ons het tuinslange nader gesleep en die vlamme ook met emmers probeer blus, maar dit was tevergeefs.

“Talle ander bure het toe reeds opgedaag om te probeer help.”

Nadat die brandweer die vlamme uiteindelik geblus het, het ’n rookwolk vir twee dae oor die gebied gehang van die skuur wat smoor.

Retief het onder andere derduisende rande se wingerdstokkies verloor wat beskore was vir kliënte.

Maar die eintlike verlies van die brand is die geskiedkundige waarde van die gebou self.

Die skuur was die oorspronklike wynkelder van hierdie plaas wat reeds in 1705 deur die Retief-familie bewoon is.

Sekerlik die bekendste Retief wat hier gebore is, is die Voortrekkerleier, Piet Retief. Hy het die eerste 26 jaar van sy lewe op Welvanpas deurgebring.

Dan Retief jr is nou die sewende geslag wat op die plaas boer, waar hy hoofsaaklik met wingerd boer, asook wyn maak.

Dit is onbekend wat die brand veroorsaak het.

* A fire has destroyed a historic wine cellar on a Wellington farm.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za