Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulp vir buurwagte in Paarl-Oos

Hulp vir buurwagte in Paarl-Oos
 
2010-09-16


PAARL-OOS se aktiewe gemeenskapspolisieforum het verlede week nog ’n hupstoot gekry.

Fietse, tweerigtingradio’s, flitse en veiligheidsbaadjies is aan die onderskeie buurtwagte in dié gebied oorhandig danksy skenkings vanaf die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid en die Drakenstein Munisipaliteit.

Afgetrede polisieman William Reid, wat self tydens sy aftrede druk besig is met gemeenskapsveiligheid, het hierdie skenkings verwelkom: “Ons buurtwagte hou veral oor naweke patrollies wanneer misdaad gewoonlik op ’n hoogtepunt is. Ons het reeds vantevore fietse ontvang wat goed gebruik word en hierdie nuutste skeking sal hierdie patrollies verskerp.

“Dit is nie altyd moontlik vir die polisie om oral te wees nie, dus is ons buurtwagte die oë en die ore van die polisie. Hierdie projek is raads talle kere suksevol bewys, met inligting wat lei tot arrestasies”.

Dus gaan skelms in die toekoms moet oppas as hulle misdrywe in Paarl-Oos wil pleeg.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za