Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugweek op Franschhoek

Jeugweek op Franschhoek
 
2010-09-16


DIE Christian Youth Movement (CYM) van Franschhoek se jaarlikse jeugweek vind plaas vanaf 20 tot 26 September om tieners se sosiale probleme aan te spreek.
Vanjaar se tema is NVSL (Nudity Violence Sex Language), ’n samevatting van Efesiërs 6:10-18 wat handel oor die Christelike wapenrusting.

Daar word elke aand oor een van die onderwerpe gepraat. Vrydag is ’n speletjiesdag vir jonk en oud wat by die VGK Franschhoek sal plaasvind.

Saterdag sal die drama ‘Queenie 2000’ op die planke wees en Sondag om 09:00 word ’n jeugdiens gelei deur ds Ronnie Noemdoe.

Die Woensdagaand sal ’n MIV/Vigs-organisasie deel hê in die program en ook ’n mobiele toetsstasie opsit waar vrywillige toetse gedoen sal word. Uitslae word deur beraders en opgeleide personeel met pasiënte bespreek en sal vertroulik hanteer word. Ouers word ook aangemoedig om saam met hul kinders die sessies by te woon.

Skakel Lizbeth Bougaard (083-292-6515), Ruth Morgan (072-029-8475) of Christine Hoffman (072-031-5095).




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za