Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl smouse verskuif vreedsaam

Paarl smouse verskuif vreedsaam
 
2010-09-16

Lise Beyers

BESOEKERS aan Lady Greystraat in die Paarlse middedorp was Maandagoggend stomgeslaan, toe hulle op ’n silwerskoon middedorp afgekom het.

Dit was te danke aan die feit dat daar uiteindelik ’n skietstilstand plaasgevind het tussen smouse en die Drakenstein Munisipaliteit oor hul verskuiwing.

Nadat chaos ’n maand gelede in die middedorp uitgebars het weens ’n ultimatum van die munisipaliteit dat die smouse na Patriotplein moet verskuif, is daar noodgedwonge van vooraf om die onderhandelingstafel gesit om hierdie aangeleentheid aan te spreek.

Daar is tydelik ooreengekom dat enkele staanplekke in Lady Greystraat behoue sal bly vir smouse (hoofsaaklik in die stegie langs Ackermans en voor Checkers waar uitstalvensters nie versper word nie) en die res skuif na Nuwe- en Bredastraat.

Al die smouse moes heraansoek doen om permitte wat hulle magtiging gee om handel te dryf, asook hul afgebakende staanplekke sal uitwys.

Maandag het die groot trek dus plaasgevind met net ’n paar struikelblokke.

Veral buitelandse smouse was steeds onseker oor die prosedures, asook ongelukkig dat hulle nie kon terugkeer na hul oorspronklike staanplekke nie.

Ganief Dulvie, voorsitter van die Paarl Smousevereniging, het gesê dat daar wel ’n paar probleme ondervind word.

“Ons is steeds nie tevrede dat daar so min staanplekke in Lady Greystraat is nie. Veral meubelwinkels hiér wil ons voor hul winkels hê, want dit trek kliënte na hulle toe.

“Die munisipale wetstoepassers moet ook verseker dat die regte mense in die afgebakende gebiede staan. Ons is heeltemal bereid om saam met die munisipaliteit te werk, maar hulle moet dan ook hul kant bring.”

Oor Patriotplein, die oorspronklike afgebakende gebied vir die smouse, lê daar steeds talle tameletjies voor.

Volgens Dulvie is daar groot potensiaal vir dié plein, maar slegs as daar behoorlike strukture in plek gesit word.

“As die munisipaliteit ons help om permanente stalletjies en beskutting hiér op te rig, kan Patriotplein ’n lieflik koopsgebied wees, soortgelyk aan Groentemarkplein. Maar dit moet reg gedoen word en ons wil nie na ’n koelie-mark lyk nie.”

Maar Dulvie het dit duidelik gestel dat die smouse nie na Patriotplein sal skuif tensy aan hul vereistes voldoen word nie.

En die skietstilstand duur slegs vir vier weke, waarna die smouse die situasie sal evalueer om te sien of hul verskuiwing vir hulle finansieel lewensvatbaar is.

Soortgelyke verskuiwings word op Wellington beoog.

* After much negotiation, Lady Grey Street hawkers have now moved to designated areas for a trial period.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za