Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kabeldief val hom dood

Kabeldief val hom dood
 
2010-09-16

Lise Beyers

’n KABELDIEF het gister sy laaste elektriese kabels probeer steel.

’n Plaaslike boer het Woensdagoggend om 07:00 op ’n grusame vonds afgekom op die Hawekwa-bosboupad in Klein Drakenstein, toe die verpletterde liggaam van ’n kabeldief langs die pad gelê het.

Die dief was waarskynlik besig om elektriese kabels vanaf die bopunt van ’n elektriese paal te steel, toe hy geskok is. Hy het sy balans verloor en van die 10 meter hoë paal afgeval en sy kop teen ’n kragboks getref.

Hy is vermoedelik weens ’n kopbesering dood en nie die elektriese skok nie.

Die tou waarmee hy tot bo-op die paal geklim het, het steeds gister naby sy liggaam gewapper. Ontkoppelde elektriese kabels bo aan die paal was ’n stille bewys van sy planne.

Hy was waarskynlik nie alleen nie, want volgens polisiebeamptes, werk kabeldiewe gewoonweg in spanne. Maar sy makkers moes die pad gevat het nadat die man geval het.

’n Plaaswerker op die toneel het gesê dat hulle erg deurloop onder skrootdiefstal.

“Enige stukkie metaal waarop hierdie diewe hul hande kan lê, word gesteel, om nie te praat van Telkom koperkabels wat dikwels gesteel word nie. En dan is ons dae lank sonder kommunikasie.”

Kapt Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl polisie, het hierdie aanmerkings beaam.

“Skrootdiefstal, veral in die landelike gebied is vir ons ’n groot kopseer. Hierdie diewe slaan dikwels snags in afgeleë gebiede toe en hierdie nuutste geval is ’n bewys dat hulle bereid is om hul eie lewens op die spel te plaas.”

Telkom en Eskom verloor beide miljoene rande per jaar weens kabeldiefstal.Die identiteit van die gestorwe man was teen druktyd nog nie bekend nie.

* A man has died while trying to steal electric cables in Klein Drakenstein.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za