Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beserings laat Kavaliers wik

Beserings laat Kavaliers wik
 
2005-09-29


TWEE beserings het gister nog die afrigterskorps van die Boland Kavaliers aan die raai gehad.

Die blitsige vleuel, Jongi Nokwe en die senter, Jacques Badenhorst, het vandeesweek albei met kniebeserings gesukkel en het gister skanderings ondergaan.

Albei spelers se beskikbaarheid vir Saterdag se kragmeting teen die Luiperds op Wellington sou eers tydens gisteraand se oefening bepaal word.

Renfred Dazel en Kobus Meintjies het hulle al die seisoen as bekwame plaasvervangers bewys sou hulle Saterdag hul plekke op vleuel en senter moet inneem.

Die spanbestuurder, Denver Pienaar, het egter bevestig dat daar heelwat opsie tot hul beskikking is en dat die moontlikheid om Solly Goosen in die begin vyftiental in te sluit ook nie uitgesluit is nie.

“As ons besluit om met Solly op losskakel te begin, kan ons miskien selfs vir Antonius Verhoeven (huidige losskakel) na senter skuif,” het hy gister gesê.

Goosen se insluiting sal die Kavaliers van twee stelskoppers in die span voorsien, met Justin Peach op heelagter.

Nog ’n speler oor wie daar ook nie sekerheid is nie, is die agsteman, Francois Prinsloo.

Prinsloo was ook nie in aksie teen die WP in Vrydag se wedstryd nie, en die Bolanders het hom beslis gemis.

Die Kavaliers is egter oorgehaal om die Luiperds Saterdag pak te gee.

“Ons wil beslis vergoed vir die blaps teen die Luiperds,” het Pienaar gesê.

Die Boland het op Potchefstroom in ’n aanskoulike wedstryd 47-50 teen die Luiperds verloor, toe die tuisspan in die laaste minuut
gedruk het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za