Koopman wen in Wellington
2010-09-23
In die mans-ope van die Hawequa & CPUT HIV/Aids 10km padwedloop het Pieter Koopman (middel) Saterdag in Wellington gewen met 31:12.
Azrial Scheepers was tweede en Sithyilo Diko derde. In die ouderdomsgroep 50-59 het Colin Williams (Wellington) tweede geëindig en Jacobus Visagie (Wellington) derde.
In die 60+ afdeling het Martin Wethrich (Wellington) gewen en in die vroue ope-adeling het Evelyn Julies (Paarl) tweede gekom met Deidre Wolmarans (Wellington) vyfde.
More
News
|