Villagers bly wen
2010-09-23
VILLAGERS Newton het Saterdag met skitterspel vir Young Standards van Citrusdal in ’n wegwedstryd met 6-0 geklop, ondanks Citrusdal-toeskouers wat een van die grensregters aangerand het. Dié onsmaaklike voorval en toeskouers wat op die veld gehardloop het, het die skeidsregter genoop om die wedstryd 20 minute voor die einde te stop. Die besoekers, met hul beweeglike voorspelers, het stadig die oorhand begin kry deur die bal baie lug te gee. Aan die begin van die tweede helfte kon Standards nie meer die druk hanteer nie, waarna hulle baie foute begin maak het. Ricardo Fortuin was in die kol met twee strafskoppe. Saterdag om 12:00 speel Villagers in ’n halfeindstryd op Boland-stadion teen Saron. Vir meer besonderhede skakel met Jannie Japhta by 078-147-3082.
More
News
|