Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose is dorings teen Shimlas, verlep teen Pukke!

Rose is dorings teen Shimlas, verlep teen Pukke!
 
2010-09-23

Sieb Sieberhagen

DIE Bolandse klub Roses United het Saterdag op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch vriend en vyand verras deur Shimlas met 23-22 te klop tydens vanjaar se Nasionale Klubkampioenskappe, maar het Maandag hul rieme lelik styfgeloop teen die Pukke toe hulle met 90-14 vasgeval het. Die rustydtelling was 0-68.

Ná Saterdag se harde stryd, kon mens verwag het dat twee sulke harde wedstryde in twee dae die spelers tot die uiterste sal beproef. Daarom dat hulle Maandag futloos voorgekom het en die Pukke hopeloos te veel beweegruimte gegee. Die Rose se lakwerk was ook by tye baie power.

Twee spelers wat wel die oog gevang het, was die haker Aston Constant en die flank Gerhard Goosen. Hulle het moedig probeer om die Pukke-golf te keer, maar dit was tevergeefs. Constant is wel beloon met twee drieë.

Was daar soos Saterdag se wedstryd teen Shimlas ’n beter regrukpoging in die tweede helfte sou mens die loesing beter kon verteer, maar dit het nie gebeur nie, ondanks die sterk wind wat in die Rose se guns was.

Hardlooprugby was Saterdag se resep toe hulle die halfpad-agterstand van 3-17 maklik uitgewis het.

Sommer van hul doellyn af het die Rose die een aanval ná die ander geloods, wat gelei het tot drieë deur Ryan Jordaan en later ook Denver Fortuin, om met 18-17 voor te loop.

Shimlas het geweier om te gaan lê en met slegs 5 minute se speeltyd oor, het die Bloem-manne gaan druk om met 22-18 voor te loop. Die Rose wou nie bes gee nie en in die doodsnikke het heelagter Christopher Adams oorgeduik om die telling 23-22 te maak.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za