Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2010-09-23


* Praatjie. Paarl Medi-Clinic bied ’n gratis praatjie vir persone van 50 jaar en ouer op 29 September om 10:00 by Huis Vergenoegd aan oor geestesgesondheid tydens die Nasionale Week van die Bejaarde. Kontak Jacorie Visagie by 021-807-8131.
* Reünie. Charleston Hill Sekondêr se matriekklas van 2000 hou op 24 September ’n reünievergadering om 12:00 by die skool. Skakel Ruzelle by 076-238-0080.
* Koor. Paulus Joubert Sekondêr vier vanjaar hul 45ste bestaansjaar en gaan dit in November met ’n kerkdiens afsluit. Almal wat tydens dié geleentheid deel wil wees van die koor word uitgenooi om elke Maandagaand om 19:30 saam te kom oefen. Kontak Fiona by 073-186-0990.
* Men’s Conference. The Paarl Community Church presents a Men’s Conference from 22 to 24 October at Paulus Joubert Primary School. The conference starts at 19:00 on the Friday evening, continues on the Saturday and ends on the Sunday at 18:00. The theme of the weekend is From Boys to Manhood. Contact Pastor Jeanette Abrahams on 076-904-2783.
* Bonsai Kai. Die Boland Bonsai Kai vergader Saterdag om 09:00 in die US Botaniese Tuin. Die bekende Freddie Bisschoff, ’n spesialis in Pyracanthus, sal die klub kom bystaan deur probleembome van lede te bespreek en behulpsaam te wees met die behandeling van sommige van die bome in die Tuin se versameling. Kontak Mare-Louise by 082-715-0856.
* Boekeverkoping. ’n Groot boekverkoping word op 25 September vanaf 10:00 tot 12:00 op die parkeerterrein langs die Hoër Jongenskool se skoolmuseumperseel te Hoofstraat 232, Paarl, gehou.

Dit geskied ten bate van die skoolbiblioteek en die “Boeke vir Minderbevoorregte Skole-projek” en ook as ter viering van Oktober as Internasionale Skoolbiblioteekmaand. Die boeke sluit ’n verskeidenheid van fiksie, nie-fiksie en tydskrifte in.

Indien dit reën, sal die boekverkope na ’n latere datum verskuif word. Skakel Babsie Truter by 021-872-2875 of 082-890-7371.


More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za