Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende oorlede

Bekende oorlede
 
2010-09-23


’n VOORMALIGE stadsklerk van die Paarl, Hennie Liebenberg (75), is Saterdag in Huis Vergenoegd se siekeboeg oorlede ná ’n kort siekbed weens kanker.

Liebenberg het ná matriek by die Paarl Munisipaliteit begin werk as meterleser. Hy het hom in sy 42 jaar as munisipale amptenaar opgewerk tot heel bo en was ’n alombekende persoon op die dorp. Hy was later lid van die Raad van Stadsklerke en die vise-president van die SA Munisipale Werkersvereniging.

Hy was tien jaar lank voorsitter van die Paarl Rugbyklub en ’n gewaardeerde lewenslange erelid van die klub.

Liebenberg het in die Strand afgetree, waar sy vrou, Lita, vyf jaar gelede oorlede is. Hy is ’n paar maande gelede in Huis Vergenoegd se siekeboeg opgeneem weens verswakkende gesondheid.

Hy word oorleef deur drie dogters (Annemarie Meyer van Humansdorp, Paula Bester van Paarl en Karen Beukes van Ceres) asook sewe kleinkinders.

Die begrafnis is vanmiddag om 15:00 in die Toringkerk.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za