Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Propvol program vir Bejaardeweek

Propvol program vir Bejaardeweek
 
2010-09-23


HUIS VERGENOEGD in die Paarl bied ’n interessante program aan tydens Bejaarde Week (27 September tot 3 Oktober) waar alle belangstellendes welkom is.

Maandag skop die week af om 09:30 met ’n praatjie oor die regte van ouer persone in die Kapel (Blok C) en om 10:00 praat dr Pierre Louw oor middelmisbruik. Tee en koekies word ná die praatjies bedien.

Dinsdag om 09:30 vind ’n besigtigingstoer plaas en ’n DVD oor Huis Vergenoegd word vertoon in die Kapel, (Blok C). Tee sal ook bedien word en die handwerk/kunsgroepe sal ook dié oggend in aksie wees.

Woensdag van 09:30 tot 11:30 word ’n praatjies vir seniors aangebied deur MediClinic. Tee en verversings sal vooraf geniet word. Om 15:00 sal Len Viljoen, ’n blinde sanger, ’n sanguitvoering lewer.

’n Lenteloop word Donderdag om 09:30 aangebied na HMS en terug. Inwoners in rolstoele neem ook deel.

Indien dit reën, sal ’n DVD-vertoning gehou word.

Vrydagoggend 1 Oktober (Wêreld Bejaardedag) word ’n spesiale markdag aangebied met alles van skoene en klere, tot ’n poedingtafel, aalwynprodukte, juweliersware, kaas, biltong, gebak en handwerk. Tee word ook bedien en daar is ’n wynproe en wynverkope in die eetsaal. Koos Koegelenberg sal die musiek verskaf.

Saterdag 2 Oktober om 11:00 word ’n braai gehou vir die woonstel-inwoners en om 15:00 sal ’n gratis DVD-vertoning in die Kapel (Blok C) gehou word. Die week sluit af met ’n spesiale erediens op Sondag 3 Oktober in die Kapel, gelei deur ds Bekker Nieuwoudt van die Strooidakkerk. Navrae kan gerig word aan Anne-Marie du Toit by 021-870-3426 of hvg5@lando.co.za.

* Huis Vergenoegd se dienssentrum nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die program van aktiwiteite. Hulle hekel en brei, leer oor argitektuur en kuns, oor die wonderwêreld van die teater, oor ander kulture en gebruike en hulle gaan Kaapstad leer ken soos nog nooit te vore nie. Vir navrae oor die Dienssentrum, kontak Lydia Corbett by 021-870-3304.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za