Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontmoet gewilde kunstenaars by Emporium-tent in stadion

Ontmoet gewilde kunstenaars by Emporium-tent in stadion
 
2010-09-23


CULTIVARIA feesgangers kry vanjaar die geleentheid om van hulle gunsteling-kunstenaars by die Heinz Emporium op Faurestraat-stadion te ontmoet.

Plaaslike skrywer en storieverteller Johan Bakkes voer vanaf 24 tot 26 September daagliks onderhoude met verskeie kunstenaars op die geselsverhoog.

Die Emporium spog met ’n splinternuwe oopplan-uitleg wat beide die Bokomo Kombuis en die Heinz-feesverhoog insluit. Besoekers kan heerlik ontspan, ’n wye verskeidenheid watertand-lekker eetgoed en ’n heerlike glasie wyn geniet, terwyl Bakkes saam met die feeskunstenaars kuier.

Hy gesels onder andere met Rina Hugo, André Schwartz, Kevin Leo, Arina de Witt en Jannie Moolman, wat saam in die hooffeesproduksie Tydloos Encore optree, die immergewilde duet-paar Nianell en Dozi, komediante Dowwe Dolla, Marion Holm en Rian van Heerden asook PG du Plessis, Mathys Roets en vele meer.

Die kunstenaars gesels oor hulle vertonings, inspirasie en toekomsplanne en sal die gehoor laat skaterlag met heerlike staaltjies oor hulle vermaaklikheidsloopbane.

In die Bokomo Kombuis kook TV sjef Sonja Cabano ’n storm los saam met koskenners Dine van Zyl en Johan Bakkes.

Cabano demonstreer verskillende smaaklike, maar eenvoudige maaltyd-opsies van ontbyt tot aandete. Gaste kan saam proe en heerlike kos- en wynkombinasies geniet asook inspirasie kry vir heerlike spyskaarte om tuis aan te pak.

Toegang tot die Emporium word ingesluit by enige vertoningskaartjie en is net vir daardie dag geldig. Kaartjies is ook by die hekke beskikbaar teen R10.

Bespreek nou vir hierdie fees met finesse by www.cultivaria.com of by die feeskantoor langs die Paarl stadsaal. Vir navrae, kontak die Nashua inbelsentrum by 021-865-2030.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za